Ek het so pas die slegte nuus gekry dat altwee my f-buise ‘toegegroei’ is, maar wat ek nie verstaan nie, is dat ek effense bloeding ervaar tydens ovulasie. Hoe is dit moontlik as altwee my buise toe is?
Friday, January 30th, 2009Die effense bloeding is a.g.v ‘n effense daling in die estrogeen vlak tydens ovulasie. Die bloeding wat jy ervaar kom uit die uterus uit en nie die fallopiaanse buise nie. Die effek van die daling in estrogeen is op die binnewand van die baarmoeder en het absoluut niks met die buise te doen nie.
- Bi-Week 30 answers kindly provided by Dr. Stephan Volschenk -





